R650,000
Monthly Bond Repayment R7,044.10
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.
Change Assumptions
House for sale in Jan Kemp
Die woonhuis is uitstekend geprys en gerieflik geleë en is stafafstand van die hospitaal en dorpsgebied.
Kom stap saam met my deur die huis.
By die voordeur stap jy direk in die oopplan woon/eetkamer in wat links uitloop na 'n sonnige vertrek wat aangewend kan word hetsy vir 'n motorhuis sou jy wou, of kantoor of selfs 'n 4de kamer.
Die huis se kombuis het ongelukkig geen kaste in nie maar die positiewe kant is dat die koper sy kombuiskaste self kan uitlê. Die kombuis het ook 'n deur na die eerste gang wat lei na die kamers.
Die drie kamers het ingeboude kaste en die ruim hoofslaapkamer het 'n en-suite badkamer met bad, wasbak en toilet . Die hoofslaapkamer lei ook na 'n klein waskamer en pakkamer.
Die badkamer in die gang het 'n bad en wasbak en wasmasjien aansluiting.
Daar is 'n aparte gaste toilet in die gang.
Buite is 'n toilet en klein stoorkamer.
Die erf agter is groot met moontlikheid vir 'n verdere motorafdak. Daar is egter 'n afdak by die agterdeur.
Die erf is aan 3 kante toe maar is afgeskort om diere agter te hou.
Kom kyk na die potensiaal !
Die huis is gewaardeer deur 'n Bankwaardeerder.
Gratis pre kwalifikasies vir alle finansierings kopers.
Ek wag vir jou oproep. Moenie die een mis nie.
Features
Interior
Exterior
Sizes
Get Email Alerts
Sign-up and receive Property Email Alerts of Houses for sale in Jan Kempdorp, Jan Kempdorp.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the 3%.Com Properties website is accurate and up to date, 3%.Com Properties makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.