R778,000
Monthly Bond Repayment R8,431.24
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.
Change Assumptions
Neat 4 bedroom house for sale in Warrenton
Hierdie netjiese woning het 'n ideale ligging en is stapafstand van die skool.
Kom ons stap deur die huis.
Die huis het nie 'n toesluit motorhuis nie maar 'n lieflike en stewige afdak vir 4 voertuie wat veilig toegemaak is. Hier kan heerlik gebraai en saamgekuier word saam vriende en familie. Die afdak het 'n netjiese sementvloer en braai.
Die afdak het sy eie onthaallokaal - netjies geteel met lugversorger en waaiers en buitetoilet en stoorkamertjie. Hierdie vertrek is ook ideaal vir kantoor of werkspasie van die huis af of selfs 'n tuis gym !
Onder die afdak is direkte toegang in die klein maar netjiese kombuis met oorgenoeg ingeboude kaste. Ingeboude oond en hob.
Links by die kombuis uit is 'n oopplan eet en sitkamer. Die eetkamer het 'n ingeboude kas en matte. Die vertrek het ook 'n lugversorger in.
Die voordeur sit aan die linkerkant van die huis.
Die gang is geteel. In die gang is 'n aparte toilets en badkamer met toilet, wasbak en bad.
Kamer nr 1 het ingeboude kaste, 'n mat en 'n dubbelbed pas gerieflik in.
Kamer nr 2 het ook ingeboude kaste
Kamer nr 3 het baie kaste
Kamer nr 4 - die hoofslaapkamer is en suite met stort/toilet en wasbak. Hier is ook plek in die badkamer vir 'n wasmasjien en tuimeldroer. Die kamer het ook 'n lugversorger in en heelwat kaste.
Die huis se tuin en grasperk is mooi en gevestig.
'n Groot pluspunt is die sterk boorgat en nuwe watertenk met drukpomp.
Die besproeiing is gerekenariseerd.
Die huis het ook beams vir beveiliging.
Verder is daar koopkrag en die geyser is buite.
Die huis is gepleister en het 'n sinkdak,
Hierdie huis is 'n moet sien !
Nog fotos sal geplaas word sodra die huis binne ontruim is.
Skakel my vandag nog !
Features
Interior
Exterior
Sizes
Get Email Alerts
Sign-up and receive Property Email Alerts of Houses for sale in Warrenton, Warrenton.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the 3%.Com Properties website is accurate and up to date, 3%.Com Properties makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.